Erkenning en Vrywaring

1. Erkenning aan ander bronne:

 Gee krediet waar krediet verskuldig is

Al die geestelik-sielinspirerende leesstof is saamgestel om geestelike leiding, inspirasie en motivering aan die leser te bied. Dit word vryelik voorsien van die begrip dat die skrywers nie besig is om enige sielkundige, wettige of enige ander soort professionele wêreldsadvies te lewer nie. Die inhoud van hierdie leesstof is die enigste uitdrukking en mening van skrywers.

Die bediening God Bewustheidgee erkenning aan ander skrywers/outeurs se materiaal om ‘n spesifieke insetsel te wees in ‘n skrywe, hoewel hulle insetsel(s) nie direk geskryf is om woord-vir-woord-transkripsies as sodanig voor te stel nie. Inteendeel, die bediening God Bewustheidhet onderdele van hul werke aangepas op ‘n manier wat die gevoel en betekenis ontlok wat oor ‘n kwessie oorgedra word. Waar dit wel direkte skrywes was, is die insetsel aangetoon met [deur Skrywer Naam] en die insetsel word afgesluit met [einde van insetsel].

2. Vrywaring:

Die menings en inligting wat in hierdie leesstof uitgespreek word, is uitsluitlik dié van die skrywers/outeurs. Geen inhoud in hierdie materiaal mag gewysig of gebruik word nie, behalwe om dit te deel vir nie-kommersiële gebruik, en slegs vir die uitsluitlike doel tot die uitbreiding van God se Koninkryk.

Die bediening God Bewustheidbegeer en beweer geen eienaarskap of outeurskap van enige deel, of as geheel, wat gebruik is in die leesstof, videos, klankopnames, of wat vertoon word as beeldmateriaal in enige van die leesstof, videos of klankopnames nie.