Watter inligting versamel die ‘God Bewustheid’webwerf?
As jy vrywillig inteken vir die aflaai of deel (‘share’) van artikels of videos by ‘God Bewustheid’, sal hierdie webwerf jou e-posadres, naam, selfoonnommer en land aanteken. As intekenare op een van ons e-posse op ‘n skakel klik of ‘n vorm invul, kan die webwerf hierdie inligting aanteken (sien hieronder hoe hierdie inligting gebruik word).
Intekenare kan ter eniger tyd inteken. Jy kan ter enige tyd vra dat al jou data verwyder moet word op ‘God Bewustheid’ se epos stelsels.
Hoe word die inligting gebruik?
Die name en e-posse van intekenare sal slegs gebruik word vir die uitsending en ontvangs van nuusbriewe of persoonlike e-pos kommunikasie deur ‘God Bewustheid’.
Die deel van persoonlike inligting
Intekenaar-inligting word nooit met ‘n derde party gedeel nie. Die enigste uitsondering is dat e-posadresse soms gebruik kan word om soortgelyke gehore vir aanlynbemarking te skep. Dit versprei op geen manier die e-posse of teken intekenare op enige ander dienste of platforms in nie.