Skip to content
Godsade Publikasies

Sielinspirerende Godsade in die seisoene

van jou gedagtewêreld

Ons weet ons skryf in golwe, in oomblikke wanneer die storms toeneem of woed, of die stilte hard word, en op een of ander manier lyk dit asof jy altyd reg in die middel daarvan beland.

Dit gaan nooit by ons verlore nie. Jou teenwoordigheid hier, terwyl jy hierdie verspreide Godsade  van ons harte lees, beteken meer as wat ons kan sê. Hierdie ruimte was nooit bedoel om gepoleer te word nie.

Net eerlik … Net eg … Net vir God.

Elke oomblik is ‘n geleentheid om met God te verbind.
God Bewustheid Inisiatief… ons skryf vir God (‘n spesiale ‘assignment’),
oor God en God se dinge in die seisoene van jou gedagtewêreld elke dag.

Elke Godsaad in die skuur is bedoel om die leser na plekke van inspirasie, bemoediging en hoop te lei. Kort Godsade uit die hart wat ons leer, of ons herinner, aan God se groot liefde, sorg en genade oor ons. Insiggewende woorde wat ons help om God beter te ken en Sy weë te verken, en om ‘n groeiende vertroue in Hom te koester, veral in die moeilike tye, die beproewinge en die onsekerhede van ons daaglikse lewe.

God bied vir ons ‘n ewigheid vol vreugde saam met Hom, maar nie in ruil vir ‘n stem of net ‘n sekere persentasie van ons harte nie. Hy wil meer as dit hê … Hy wil ons hele hart, siel, verstand en krag hê.

Ons bid dat jy die tyd sal neem om hierdie sielinspirerende Godsade te lees, daaroor na te dink en dit jou eie te maak. Deel dit ook met jou eie Christen netwerk (gesin, familie, vriende, kollegas en gemeenskap).

God se saad in die Skuur

Jy is heeltyd in die midddel van God se storie vir hierdie wêreld

Het enige van hierdie sielinspirerende Godsade jou hart geraak?

As ‘n Godsaad jou nou op ‘n stil plek ontmoet het – as dit jou gehelp het om ‘n bietjie minder alleen te voel in jou wandel met Christus wil ek jou vra dat jy dit met iemand anders sal deel wat dit dalk ook nodig het.

Stuur dit aan ‘n familielid, ‘n vriend, ‘n kollega, plaas dit op jou gunsteling Facebook/whatsap-groep, of deel dit in ‘n ruimte waar eerlike, tere geloof welkom is.

Jy weet nooit wie nou in ‘n storm is nie.

Gesels met ons oor God en God se dinge en ons sal vir jou sielinspirerende Godsade stuur wat die seisoene van jou gedagtewêreld sal stimuleer