Lees hier ‘n oorsig oor die ‘God Bewustheid’ inisiatief

DieGod Bewustheid’ inisiatief behoort nie aan, en is ook nie spesifiek toegewyd aan ‘n enkele persoon/persone of instansie as ‘n eksklusiewe bediening nie. Die inisiatief is oop aan almal wat God, en sy Seun Jesus Christus, liefhet en wil dien. Daarom is die inhoud in hierdie hart & Siel sentrum GRATIS beskikbaar aan enige iemand om te lees, na te luister, te kyk, en af te laai, en alle leesstof en videos kan vrylik en GRATIS met ander mense gedeel word.