‘n Brandende liefde – ‘n liefde wat brand, Lukas 12:49 “Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is! Ek het gekom om die aarde aan die brand te steek’.
Al hoe meer sien ek aan die einde van die dag dat al wat ons het is ons verhouding met God en met ander mense. “Geen twee gesprekke is dieselfde nie, maar hulle is almal gevul met oneindige potensiaal” … Anoniem …
Dikwels is die mees wrede en pynlikste seer in ons lewens dinge wat nie sigbaar is deur direk na ons te kyk nie. Die dinge wat ons die meeste skade berokken, kan ‘n geheim gehou word as jy wil. Dit is die verborge seer; ‘n geheue van gebeure of woorde uit die verlede wat nog steeds spook by ons.