Skip to content

God Bewustheid Biblioteek

Oorsig

Oorsig

‘n Gemoedstoestand in ‘n Krisis
Krisisse op die horison. Ons ervaar almal ‘n verskeidenheid stresvolle gebeure in ons leeftyd. Elkeen van ons het unieke maniere om hierdie gebeure te hanteer om ‘n gemaklike emosionele balans te probeer handhaaf en as die gewone hanteringsmeganismes misluk soek ons nuwe maniere om dit te hanteer.
Die Hoogste waarde van Jesus Christus
(1 Petrus 2:4-10). Jesus, die GROOTSTE GESKENK van alle tye!
‘n Onderhoud met God
‘Jy wil dus ‘n onderhoud met  My voer?‘ vra God. ‘As U tyd het’, sê ek. God glimlag.  ‘My tyd is die ewigheid’.  
God, Ek kan dit nie meer vat nie!
Maak jou storm God se oorlogskreet! Ek weet nie van jou nie, maar ek was al in sekere lewensituasies wat so lank aangehou het, met so min verandering, dat ek bloot net wou opgee. Net, ek kon nie!
Jy is ‘n Diamant – God se Juweel!
God se juwele – Diamante in die Ruwe. Word ‘n briljante glinsterende juweel.
Wees 'n ‘Brave Heart’ vir Christus
God se helde is nie perfek nie, hulle is net ‘persistent’ — onwrikbaar en hardnekkig om voort te gaan met ‘n mening of optrede ten spyte van moeilikheid of teenstand. Elke een van hulle! Hulle het ook almal ‘n baanrekord wat bewys dat hulle menslik is.
Liefde is nie veronderstel om seer te maak nie
Kan jy iemand liefhê as jy hulle seermaak? ‘n Brutaal eerlike siel-inspirerende artikel oor die swaarkry, oorkoming en oorwinning van emosionele mishandeling, oor jouself en ander en ook om mense te lei tot ‘n God-eerste-hand-ervaring terwyl hulle in die loopgrawe is.
Jesus is my TERAPEUT!
“Vind Jouself” – Op ‘n dieper vlak … Wat is jou identiteit in Christus? Defineer jou Verhouding met dié GROOTSTE SIELKUNDIGE van alle tye!
Mis jy HOM ook?
Maak die geraas stil. Ek moet die fluisteringe van God hoor deur die hardheid van die lewe. Wat beteken dit regtig om ‘Jesus te mis?
Om Vrede te vind …
Gemoedsrus en vrede in ‘n troebel en gebroke wêreld. Die mens is in beroering! Vrede soos ‘n rustige rivier — Mense is moeg en bekommerd.
Eensaamheid - Die stille Moordenaar
Eensaam … ?Ja, mense eensaam – soms baie keer, maar selde Jesus eensaam!
Jou bagasie kan ‘n groot las word
Dra jy steeds jou eie bagasie? ‘Destyds sou ek sê: Begrawe my ook! Maar nou weet ek God wil hê ek moet lééf! Jy kán jou lewe beplan – maar die lewe “gebeur” ook …
Die geknakte Riet
“Help! My wêreld is gebroke. My hart is gebroke”. ‘n Geknakte riet – wat beteken so ‘n riet tog? Wie sal enige deernis vir ‘n geknakte riet hê?
In die oog van die Storm
In die oog van die Storm – om diep betrokke te wees by ‘n moeilike of kontroversiële situasie wat baie mense beïnvloed. Op ‘n sekere punt in ons lewens staar ons almal ‘n storm van een of ander aard in die gesig. Mense voel dikwels storms wat broei, of is in die middel van ‘n storm, of staar die nasleep van ‘n storm in die gesig — voortdurend te veel tussen daaglikse chaos en lewensveranderende krisisse.
Geen Pyn meer in my Hart nie
Kyk met God se oë en hart na jou pyn en lyding. Het jy pyn? Ly jy? Ek weet dit maak seer. Maar onthou — Jy is God se kind. Jy is geliefd.
Die skoonheid om God in die Natuur te sien
Kyk diep in die natuur, en dan sal jy alles beter verstaan. ‘Vir ewig sedert die skepping van die wêreld is Sy onsigbare eienskappe – Sy ewige krag en goddelike natuur – duidelik gesien, en dit word verstaan deur Sy perfekte vakmanskap …’ (Romeine 1:20).
Gaan dieper met God
‘Fast-forward’ na God … Om dieper met God te gaan is soos om lae terug te skil. God vorm ons soos ‘n beeldhouer ‘n klip wegbeitel en ontslae raak van die oortollige (sondes soos trots of jaloesie), en die skoonheid van Sy liefde in ons openbaar.
Vaar deur die Storms van die Lewe
Wanneer storms in die lewe opduik – is ‘n nuwe begin besig om aan te breek.
Die 1 Ding
Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.
Jou Gedagtes skep jou Wêreld
Het jy al ooit gehoor dat God met jou praat? Het jy al ooit gereageer? ‘n Bewustheid (‘mindfulness’) wat jou dieper neem as wat jy nog ooit kon gaan.
‘n Refleksie van Jesus
Jesus vra die vraag: “Wie is Ek?”
Geestelike suurstof - Kry JY genoeg?
Jy het Hom nodig om te oorleef …God is soos suurstof. Jy kan Hom nie sien nie, maar jy kan nie sonder Hom nie!    
‘n Rede om te Glimlag
As jy nie glimlag nie, doen jy dit verkeerd! Glimlag—Dit sal almal se dag ophelder.
‘n Kontrak met God
God se Liefdeskontrak met die mens. Is jy bewus daarvan dat God ‘n kontrak met jou gesluit het? Jou kontrak met God is vas.
God kan jou Woede hanteer
Woede is een van daardie emosies wat ons dink ons nie moet voel nie. Ons kan gefrustreerd, geïrriteerd of selfs verergd voel. Dit is dan goed so. Maar woede – rou, eerlike woede – is iets waaraan ons onsself nie graag wil toereken nie. Dit is nie sosiaal aanvaarbaar nie. Veral as jy kwaad is vir God. Want ons moet dit in die gesig staar – soms is ons kwaad vir Hom.
Vra God vir Groot Dinge!
Wat wil jy in jou lewe sien — in jou gesin, gesondheid, finansies en loopbaan? Moenie net God vra vir klein dingetjies nie.
Van aangesig tot aangesig met JESUS
Op ‘n dag sal ons voor Christus Jesus staan. Wat sal HY dink? Wat sal HY sê? Net die feit dat Jesus in Sy heerlikheid voor jou staan, sal die wêreld op sy kop draai.
Passie en vuur: ‘Ignite’ jou passie vir God
‘n Brandende liefde – ‘n liefde wat brand, Lukas 12:49 “Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is! Ek het gekom om die aarde aan die brand te steek’.
Suurstof vir my Siel – Vertel my IETS goeds!
Liefde is die Suurstof van die Siel. Liefde. Dit is daardie ding waaroor almal praat, maar baie min sal dit ooit werklik in werking stel, God se manier.
God, waarom voel ek so leeg?
Waarom voel ons soms leeg? Waarom voel ons altyd leeg asof ons nie ten volle met God verbind nie? Leegheid is normaal, maar dit moet nie wees nie.
Ysbrekers wanneer ons met ander oor God praat
Al hoe meer sien ek aan die einde van die dag dat al wat ons het is ons verhouding met God en met ander mense. “Geen twee gesprekke is dieselfde nie, maar hulle is almal gevul met oneindige potensiaal” … Anoniem …
As God Jou 'n OOP tjek aanbied
God het eenkeer ‘n man ‘n OOP tjek aangebied en vir hom gesê: ‘Vra my W.H.A.T.E.V.E.R (wat ook al) jy wil hê, en Ek sal dit aan jou gee‘.
Die Vyf Brode en Twee Visse Beginsel
Wat die brode en visse vandag vir ons beteken. Elke dag, enige dag wat jy ‘n verskil kan maak in iemand se lewe – iemand se lewe verander… Dit is‘n goeie dag!
Jy is in God se Visier
Kom ons praat oor God. Kry betekenis uit die wereld se wanhoop. Niks in alle skepping is vir God se sig versteek nie. Alles word blootgelê en blootgestel voor die oë van God.
Rig jou Gedagtes op die Dinge daarbo
Jou gedagtewêreld is die stuurwiel van jou lewe. Dit is onmoontlik om jou gedagtes in een rigting te laat loop en jou gedrag in ‘n ander rigting te stuur.
Twee Advokate – Gratis beskikbaar
Twee uitstekende figure wat hulle onderskei op enige terrein. As jy ‘n bietjie van die duiwel (Satan) weet, moet jy dit regtig oorweeg om ‘n advokaat of twee aan te stel, jy gaan hulle baie nodig hê vir die beste professionele diens in jou lewe!
Te besig vir God …
‘n Traan uit die Hemel. Jy is te BESIG vir God. Wat dink jy as iemand jou vertel dat hulle besig is? Bewonder jy hulle? Dink jy dat dit belangrik is? Of dink jy dat hulle ongeorganiseerd is?
Tweegesprek met God
Wanneer jou Berg God se Krag ontmoet. Vind uit hoe gebed, ons skakel met God, die kragtigste en mees lewensbelangrike aktiwiteit van ons lewe is.
Die skoonheid van God – Die perfekte God  
“God is ‘n gees, oneindig, ewig en onveranderlik, in Sy wese, wysheid, krag, heiligheid, geregtigheid, goedheid en waarheid”.
God se Dots
Twee DOTS verbind. Dit gebeur heeltyd. Maar as GOD die dots verbind, Wel nou, dit is ‘n verhaal wat ek wil hoor!’
God se liefde is nader as wat jy dink!
God is verlief op jou! Die Almagtige God, wat niks nodig het nie, het gekies om jou en my lief te hê, want Hy begeer ons! Het jy geweet dat ons die enigste wesens is wat God se liefdesdroom kan vervul? God is verlief op jou! Hy wil hê dat jy Sy sielsgenoot moet wees!
Geniet Sielsrus, God se Manier
Jou verwaarloosde siel kan homself nie regmaak nie  Die siel is ‘n heilige plek wat God vir Homself in die mens geskep het. As die siel veront-agsaam word kom dit uiteindelik nie vanself reg nie.
Hoe verstaan ek God?
Hoe verstaan ek God?  Vir ‘n gelowige is dit soms moeilik om te verstaan. Ons wil vashou aan God se sorg en liefde, maar ons verstaan nie hoe God werk nie, wat Sy planne is nie.  .
Die pragtige stem van God
God se stem is pragtig omdat dit altyd gevul is met liefde en intense vrede. Sy stem stop die geluid van verwarring en vrees.
God is oral!
God in ‘n boks …Ons plaas God so dikwels in ‘n boks in plaas om Hom weg te steek in ‘n lieflike plek van kalmte en vrede – ons harte. Hy weet presies wat in jou kop en hart aangaan.
Kan ons die Grootheid van God se Liefde werklik verstaan?
Die Woord is God se woorde – vir die mensdom, Sy liefde vir die mens, en die rimpel effek daarvan!
Wie sit op die Troon van jou Hart?
Jesus is ‘n opregte heer (‘gentleman’) en sal homself nooit in jou hart opdwing nie, want dit neem twee vir ‘n verhouding om te werk en te laat groei. Hy is nie die opdringerige verkoopsman waaraan baie van ons so gewoond geraak het nie, of ‘n roofdier wat sy weg inforseer nie – Nee! Hy laat dit aan jou oor om daardie keuse te maak.
Die Grootste Vleuelman (‘Wingman’)
Lukas 23:39-43. Jesus is die beste vleuelman wat ons ooit kan hê. Dit is so goed om te weet dat ons God s’n is.
Die Grootste en Wreedste liefdesverhaal ooit!
“Ek het Jesus gevra: ‘Hoe lief het U my?’en Hy antwoord: ‘Soveel’. Toe steek Hy Sy arms uit en sterf”.
Net een siel vir Christus
‘n Gebeurtenis wat die Hemel in beroering bring. Die Hemele Engele juig oor die redding van slegs EEN SIEL!! Een van die grootste vreugdes wat ons as Christene kan hê, is die vreugde om iemand na Christus te lei.