Skip to content

Wie sit op die Troon van jou Hart?

Jesus is ‘n opregte heer (‘gentleman’) en sal homself nooit in jou hart opdwing nie, want dit neem twee vir ‘n verhouding om te werk en te laat groei. Hy is nie die opdringerige verkoopsman waaraan baie van ons so gewoond geraak het nie, of ‘n roofdier wat sy weg inforseer nie – Nee! Hy laat dit aan jou oor om daardie keuse te maak.