Krisisse op die horison. Ons ervaar almal ‘n verskeidenheid stresvolle gebeure in ons leeftyd. Elkeen van ons het unieke maniere om hierdie gebeure te hanteer om ‘n gemaklike emosionele balans te probeer handhaaf en as die gewone hanteringsmeganismes misluk soek ons nuwe maniere om dit te hanteer.
Ek weet nie van jou nie, maar ek was al in sekere lewensituasies wat so lank aangehou het, met so min verandering, dat ek bloot net wou opgee. Net, ek kon nie!
God se helde is nie perfek nie, hulle is net ‘persistent’ — onwrikbaar en hardnekkig om voort te gaan met ‘n mening of optrede ten spyte van moeilikheid of teenstand. Elke een van hulle! Hulle het ook almal ‘n baanrekord wat bewys dat hulle menslik is.
Kan jy iemand liefhê as jy hulle seermaak? ‘n Brutaal eerlike siel-inspirerende artikel oor die swaarkry, oorkoming en oorwinning van emosionele mishandeling, oor jouself en ander en ook om mense te lei tot ‘n God-eerste-hand-ervaring terwyl hulle in die loopgrawe is.