Omdat Hy daar is … Ons is nie deur God ontwerp om alleen te wees nie.
Neem net God se hand en jy sal nooit weer alleen loop nie. Begin weer om die lewe ten volle in God se Waarheid, Woord en Weg te leef terwyl jy die Here se hand neem en saam met Hom deur die lewe stap.
Ervaar God se teenwoordigheid in die alledaagse lewe. Jy sal nooit dieselfde wees as jy die aanraking van God se hand op jou skouer gevoel en dit erken het nie.