‘n Gebeurtenis wat die Hemel in beroering bring. Die Hemele Engele juig oor die redding van slegs EEN SIEL!! Een van die grootste vreugdes wat ons as Christene kan hê, is die vreugde om iemand na Christus te lei.
My naam is Jesus – die Christus. Baie noem my Here! Ek het My CV vir jou gestuur omdat Ek die topbestuursposisie in jou hart soek. Oorweeg My prestasies soos uiteengesit in My onderstaande CV.
Hoe kan ek regtig omgee en met ander mense skakel? Hoe deel ek my geloof met ander? Hoe kan ek dit elke dag geleenthede maak sonder om ‘vreemd’ te verskyn?
“Vertel my, wat is dit wat jy beplan in hierdie wilde maar tog kosbare lewe van jou?” ~ God. ‘n Relevante vraag om jou te help verstaan wat die mees belangrikste is in jou lewe.
Dikwels is die mees wrede en pynlikste seer in ons lewens dinge wat nie sigbaar is deur direk na ons te kyk nie. Die dinge wat ons die meeste skade berokken, kan ‘n geheim gehou word as jy wil. Dit is die verborge seer; ‘n geheue van gebeure of woorde uit die verlede wat nog steeds spook by ons.
Het jy al gedink hoe die Here oor jou dink en voel?
Jy is gekies toe Ek die skepping beplan het. Nog voordat jy bestaan het, het Ek jou geken. Jy is nie ‘n fout nie, want al jou dae is in My boek opgeteken. Ek het die presiese tyd van jou geboorte beplan, selfs waar jy sou woon.